Vinniger Intel Core i5 3450 verwerkingseenheid

Hoe lank het jy al jou rekenaar? 3, of miskien 4 jaar? Dis tyd om op te skaal. En hier’s die rede: ‘n rekenaar met die nuwe Intel Core i5 Ivy Bridge verwerkingseenheid is tot 24 keer vinniger as ‘n 3-jaar-oue rekenaar.

Byvoorbeeld, op ‘n 3-jaar-oue rekenaar sal dit 12 minute of meer neem om ‘n 20-minute video na jou iPhone oor te laai; op ‘n rekenaar met die nuwe Intel Core i5 3450 verwerkingseenheid sal dieselfde video in slegs 33 sekondes na jou iPhone oorgelaai wees. Hoe’s daai vir spoed?! 

Intel Core i5Soos jy kan raai, werk omtrent alles vinniger met die nuwe i5 3450, soos Intel se toetse bewys.

“Maar wat kos hierdie ding, swaer?” R2 190, swaer. Elke pennie die moeite werd. Ouens soos CPUBenchmark sê in vergelyking met enige ander verwerkingseenheid is hierdie nuwe i5 3450 die beste waarde vir geld.

Onthou net dat die nuwe Ivy Bridge verwerkingseenhede slegs op die nuwe geslag LGA1155 moederborde werk en hulle kos van so om-en-by 900 bokkies af noord. Maar skakel ons gerus by 021 853 4790 en dan werk ons iets uit.

Intel Core i5 3450:

Clock Speed 3.1 GHz
Max Turbo Frequency 3.5 GHz
Intel® Smart Cache 6 MB
# of Cores 4
# of Threads 4
Bus/Core Ratio 31
DMI 5 GT/s
Instruction Set 64-bit
Instruction Set Extensions SSE4.1/4.2, AVX
Lithography 22 nm
Max TDP 77 W

 

Date: 17 Jun 2012