Afrikaanse liedjies karaoke

Afrikaans is plesierig! Dis nou maar wors! Want Afrikaans is groot! En as jy heeldag lank na Bok Radio of KykNET Musiek luister en daarvan hou om saam te sing, dan is die PlayStation Singstar Afrikaans Treffer karaoke speletjie net die ding vir jou.

Kyk, hierdie karaoke is vet pret want dit sluit die mees bekende liedjies van ons grootste sterre in: Kurt Darren se Loslappie, Juanita du Plessis se Skarumba, Steve Hofmeyer se Pampoen, Robbie Wessels se Leeuloop en vele ander. Hier is ‘n lysie van die liedjies: 

Singstar Afrikaans Treffers PSP

– Blackie Swart – Liewe Lulu
– Bobby van Jaarsveld – Spieeltjie
– Bok van Blerk & Robbie Wessels – Ons Vir Jou Suid Afrika
– David Fourie – Jy Soen Soos ‘n  Engel
– Die Campbells – Rooi Rok Bokkie
– Die Campbells – Bietjie Bietjie Lam (My Knieë Raak Lam)
– Dozi – Jan Asseblief Tog  Squeeze My
– Eden – Kniee Lam
– Gerhard Steyn – Baby Tjoklits
– Gerhard Steyn – Diamante Vir Jou
– Gé Korsten – Liefling
– Heinz Winckler – Ek Kan Weer In Liefde Glo
– Jack Parow – Cooler As Ekke
– Jak de Priester – Sally Williams Nougat
– Jakkie Louw – Drie Pikkewyne
– Juanita du Plessis – Skarumba
– Juanita du Plessis – Tussen Woorde
– Juanita du Plessis – Lepellê
– Karen Zoid – Afrikaaners Is Plesierig
– Kurt Darren – Meisie Meisie
– Kurt Darren – Loslappie
– Liani May – Jy Soen My Nie Meer Nie
– Nádine – Kaapse Draai
– Pieter Koen – 3 Susters Van Drie Susters
– Ray Dylan – Jessica
– Robbie Wessels – Leeuloop
– Romanz – My Hele Hart
– Snotkop – Parapapa
– Steve Hofmeyr – Pampoen
– Theuns Jordaan – Soos Bloed

Hierdie speletjie sal enige partytjie vinnig opkikker. Wat lekker is, is dat twee mikrofone gebruik kan word, dus kan jy en jou pel saam die meisies (probeer) beïndruk.

Singstar Afrikaans Treffer is nou beskikbaar by Essential IT Solutions, Georgestraat 89, Strand, 7140. Dit is ook  op ons aanlynwinkel teen R115-50 beskikbaar.

En net om jou lus te maak om saam te sing, hier is ‘n video van Ray Dylan wat Jessica sing:

Date: 11 Dec 2012