Die man met die meeste krag

Dis dood eenvoudig: die man met die meeste krag is die man wat ingeprop is. Elektriese krag, natuurlik. Daai goed wat broodnodig is om jou rekenaar te laat werk. Sonder krag is jou rekenaar net ‘n duur boks wat die spasie van ‘n kas bier opneem. In dame-taal: dieselfde hoeveelheid spasie as wat ‘n groot naaldwerkmandjie sal opneem.

Nou is dit maar so dat ons krag nie altyd so lekker loop nie. Party maande stuur Eskom meer kragonderbreking-waarskuwings as rekeninge uit. Steeds, kragonderbrekings gebeur mos net voor die heel einde van ‘n lang kollom somme wat jy oor die afgelope vier ure met groot moeite gesit en insleutel het. Dan’s als verlore en dit voel soos toe jy laas ontdek het dat geen meer bier oor is nie terwyl die kole nog nie eens gereed was nie. 

Moenie kans vat nie! Kry vir jou ‘n UPS – ‘n Uninterruptible Power Supply. Ononderbreekbare kragtoevoer. Jy prop jou rekenaar by die ding in en prop die ding by die kragprop in. Wanneer die krag afgaan, hou hierdie ding sonder onderbreking aan met werk. Siedaar! Maak gou ‘n rugsteunkopie (‘n backup) van jou lang kollomme en hou aan met werk asof niks gebeur het nie. Daarna sal jou bier nòg lekkerder smaak.

Hierdie UPS’e is beskikbaar in VA-sterktes (Volt-Amp) vanaf 600Va tot 3000VA en hoër. Pryse begin met so laag as R430. Dis voorwaar ‘n goeie belegging. Loer gerus na die UPS-eenhede op ons aanlynwinkel.

Eco 600VA Line-Interactive UPSDie Eco PPS 600VA UPS kos R430 hier

Date: 15 Feb 2013