Wen ‘n Lenovo Skootrekenaar – pret plakstuk kompetisie vir leerlinge

Essential IT Solutions borg ‘n Lenovo G580G skootrekenaar vir die pret-en-plak kompetisie in die DistriksPos koerant wat in Somerset-Wes, Strand, Gordonsbaai en Macassar uitgegee word.

’n Splinternuwe Lenovo-skootrekenaar, draadlose muis, sak en geheuestokkie drive ter waarde van R4900 is op die spel vir ’n leerling tussen die ouderdom van ses en 18 jaar.

Die kompetisie begin op 1 Augustus en sluit 5 September. Die eerste plakstuk en inskrywingsvorm verskyn op 1 Augustus. 

Leerlinge moet al die plakstukke bymekaarmaak en op die oorspronklike inskrywingsvorm plak om in aanmerking vir die prys te kom. Lewer dit af by die DistriksPos-kantoor, Mynhardtstraat 37, Strand of by Essential IT Solutions, Georgestraat 89, Strand. Bel Stefan by 0218414284 vir meer inligting.

Lenovo kompetisie vir skoliere

Lenovo G580G skootrekenaar

Die Lenovo G580G spog met ‘n 15.6-duim skerm, DVD herskrywer, draadlose netwerk, die Intel Celeron Dual Core B830 verwerkingseenheid, 4GB geheue en die Microsoft Windows 8 bedryfstelsel. Dis die ideal skootrekenaar vir jou huiswerk en, natuurlik, vir jou musiek en video’s!

 

Date: 30 Jul 2013